Terte

marshmallow yskas tert
Bestanddele:

1 blik kondensmelk
1 blik crushed pynappels
Gesnipperde marshmallows

Kors
1 Pakkie mariebeskuitjies of tennisbeskuitjies
¼ koppie botter

Voorbereiding:
Meng goed
Krummel kors van mariebeskuitjies of tennisbeskuitjies met ¼ koppie botter
Giet mengsel bo-oor die kors, en plaas in yskas om te stol.
__________________________________________________________________________

Onwerklike tert

Bestanddele:
4 eiers
50 ml margarien
250 ml suiker
125 ml koekmeelblom
2 ml sout
3 ml bakpoeier
500 ml melk
250 ml klapper
5 ml vanielje

Voorbereiding:
Plaas bestanddele in 'n mengbak en klits goed totdat al die bestanddele goed
gemeng is. Giet in 'n gesmeerde oondvaste 24 cm tertbord en bak sowat 45 -
55 min. by 180C of totdat die bo-kors goudbruin is en die vlavulsel gestol
is.
______________________________________________________________________________

PYNAPPEL TERT

Bestanddele:
2 pakkies tennis beskuitjies
2 pakkies suurlemoen jellie
1 blikkie ideal melk
3 koppies kookwater
1 blik pynappelmoes

Voorbereiding:
Verkoel die ideal melk tot goed koud, maar moet nie laat ys nie. Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel, maar moenie dit laat stol nie. Klop ideal melk tot styf, voeg by jellie en pynappelmoes en klop goed. Pak beskuitjies en ideal melk mengsel in lae en eindig met 'n laag beskuitjies gefrummel bo-op
_________________________________________________________________________________

APPELTERT

Bestanddele:
1 koppie Suiker
3 Eetlepels Botter/Margarien
1 teelepel Bakpoeier
'n knippie Sout
3 Eiers
1 koppie Koekmeel
1 koppie Room of Ideal Melk
1 koppie Suiker
1 blikkie Tertappels



Voorbereiding:

Klits die Suiker en Botter baie goed saam tot lekker dik. (Hoe dikker,
hoe lekkerder).
Voeg die eiers een vir een by.
Vou die Meel, Bakpoeier en Sout met 'n houtlepel in. (As jy dit klits,
gaan die rys uit).
Gooi die mengsel in 'n gesmeerde plat bak.
Pak die tertappels bo-op die mengsel en bak by 180° tot gaar.
Kook intussen die Room en Suiker saam.
Wanneer die tert gaar is, gooi dit bo oor en sit terug in die oond vir so
3 minute.

Dis al en baie lekker. Jy kan dit ook gebruik vir 'n poeding met vla en
roomys
______________________________________________________________________________

















No comments:

Post a Comment

Comment