Sunday, March 13, 2011

Seep En ander

SKOTTELGOEDSEEP:

400g waspoeier                                                          
500ml kookwater
750ml vloeibare skottelgoedseep                                   
250ml brandspiritus
250ml suurlemoensap                                                    
5 liter koue water

Voeg die waspoeier by kookwater en roer dit tot 'n pasta. Laat afkoel. Los die skottelgoedseep, brandspiritus en suurlemoensap in die koue water op. Voeg die waspoeierpasta by en roer tot dit goed gemeng is. Bottel die opwasmiddel en verseël dit.
________________________________________________________________________________

VLOEIBARE MEUBELPOLITOER:

250ml rou lynolie( om die hout te voed )                        
250ml terpentyn( om vet te verwyder )
125ml bruinasyn( om skoon te maak )                            
125ml brandspiritus( om glans te gee)

Giet die bestanddele in 'n bottel en skud dit goed voor gebruik. Smeer die politoer dun aan die meubels en laat dit ongeveer 'n kwartier aanbly voordat dit op die gewone manier met 'n sagte lap blink gevryf word.
________________________________________________________________________________

WASMENGSEL VIR KOMBERSE:

Vermeng 675g waspoeier, 250ml brandspiritus en 20ml bloekomolie en bewaar dit in 'n digte houer. Los 'n koppievol van die seepmengsel in 'n bad water op en week vuil komberse 'n rukkie daarin. Druk-druk die komberse dat dit goed deurweek kan word. Spoel komberse in skoon water uit en hang dit op om droog te word.

Die bloekomolie in die mengsel laat nie net die komberse skoon en vars ruik nie, maar verdryf ook silwermotte.

No comments:

Post a Comment

Comment