Lekker kos

HUISVROU PASTEI

6 Snye brood
1 Blik Vianas
2 Eiers
2 E Gerasperde ui
2 k Melk
1 k Gerasperde kaas
1 t Aangemaakte mosterd
Knippie neut
Sout en peper

METODE:
Smeer skottel met margarien. Rangskik brood met botterkant bo.Druk vianas fyn, meng met uie en mosterd. Skep oor brood. Klits eiers met melk en geursel. Giet oor. Sprinkel kaas oor. Laat 1 uur staan. Bak in matige oond vir ½ uur.
______________________________________________________________________________________
SPEKVLEIS EN AARTAPPELGEREG
227 g Spekvleis (vel af)
1 Eier
1 Tamatie
1 k Gerasperde Kaas
4 Aartappels (gekook en fyngedruk met bietjie melk)

METODE:
Kook die spekvleis in ń bietjie kookwater. Klop die eier goed en voeg dit by die aartappels. Pak die spekvleis en aartappels in lae en strooi die kaas oor elke laag. Sit gesnyde tamatieskyfies bo-op. Sit ń paar stukkies botter bo-op en strooi kaas oor. Bak ń warm oond. Strooi gekrummelde “Post Toasties” of broodkrummels oor en dan gerasperde kaas. Klits eier met ń bietjie melk en sout en gooi dit dan oor die mengsel. Sit stukkies botter op en bak in ń warm oond totdat dit ń lekker bros kors gevprm het. Dit is baie ekonomies.
________________________________________________________________________________________

BOBOTIE

1 kg gemaalde skaap- of beesvleis (of oorblysels van koue, gebraaide vleis)
2 t sout, ½ t peper
½ e borrie
2 e asyn of die sap van 1 suurlemoen
2 uie
1 sny brood
6 amandels, in kwarte verdeel
1 k ontpitte rosyne
2 eiers
4 suurlemoen- of lourierblare of die gerasperde geel skil van 1 suurlemoen
1 e kerriepoeier
1½ e suiker
3 e blatjang

1. Dop die buitenste droë skilletjies van die uie af, sny die uie dan in dun skyfies en
kerf dit fyn. Braai dit effens bruin in warm vet en indien rou vleis gebruik word,
braai dit saam met die uie tot dit net effens gaar en los is.
2. Week die brood in die melk en druk weer die melk uit. Maak die brood fyn.
3. Meng al die bestanddele, behalwe 1 eier, ½ k melk en die suur-lemoenblare.
4. Sit die mengsel in ʼn gesmeerde, vuurvaste bakskottel, rol die blare op en steek hulle
in die mengsel sodat hulle regop staan.
5. Bak dit 1½ uur lank in ʼn matige oond by 180ºC (350ºF) as rou vleis gebruik word
en 45 minute lank as gaar vleis gebruik word.
6. Klop die orige eier en ½ k melk en gooi dit oor die vleis ʼn halfuur voordat dit uit die oond gehaal word.
7. Dien dit op met gekookte rys en blatjang.
_____________________________________________________________________________________

WILDSVLEISPASTEI

METODE
Gebruik nek, rugstring of ribbetjies vir `n wildspastei. Kap die vleis in klein stukkies en laat `n paar h lank in asynwater lê om bloederrigheid te verwyder. Was baie goed af en plaas in groot kastrol. Kap 3 uie en voeg by. Geur met heel koljanderkorrels, heel naeltjies, 3 lourierblare, wonderpeperkorrels en swart peperkorrels asook `n paar stukke droë nartjieskille. Omdat wildsvleis geneig is om droog te wees, sit altyd `n stuk varkspek in blokkies gesny, of `n stuk vet varkvleis by die wildsvleis. Bedek vleis met kookwater en laat stadig prut totdat die vleis los is van die bene. Haal nou al die vleis uit die sous en giet sous deur sif om speserye te verwyder. Sny nou vleis in klein stukkies en plaas terug op stoofplaat. Voeg sous bietjiesgewys by en laat die sous elke keer wegkook voor u nog sous byvoeg. Hou so aan totdat u `n lekker sappige mengsel het. Voeg nou 250 ml rooi wyn by. Proe aan vleis. `n Bietjie kweperjellie en suurroom sal die smaak verbeter. Skep in pasteiskottel en laat koud word. Bedek met Read-Y-Doe skilferkorsdeeg. Borsel met koue water en versier pastei met oorskiet deegstukkies. Bak by 200 C tot goudbruin. Draai hitte af na 160 C en bak nog 20 min lank. Sit voor met rys en kweperjellie. Oorskietvleis kan in `n vlak skotteltjie gedruk word en laat koud word. Sny in blokkies en sit voor saam met slaai – of verhit weer en sit voor op roosterbrood.
______________________________________________________________________
HERDERSPASTEI
( 8 porsies )

500 g gemaalde beesvleis
500 g gemaalde varkvleis, sonder vet
120 g sagte broodkrummels ( 500 ml )
250 ml melk ( 1 k )
1 eier, geklits
1 medium ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
10 ml sout ( 2 t )
1 ml peper
25 ml Worcestersous ( 2 E )
50 ml blatjang ( 4 E )
4 medium aartappels

METHODE:
Meng al die bestanddele, uitgesonderd die blatjang en aartappels.
Druk liggies in `n gesmeerde oondskottel.
Bak 1 1/ 2 uur lank in `n koel oond ( 160 C / 325 F ).
Kook intussen die aartappels gaar, maak dit fyn en voeg sout, `n stukkie botter of margarien en `n bietjie melk by soos vir kapokaartappels.
Smeer die blatjang oor en skep die kapokaartappels bo-op die vleis en maak met `n growwe oppervlak. Bak in `n warm oond totdat die aartappelpuntjies ligbruin is.