Sunday, March 13, 2011

Raad vir als

Afdroogdoeke
Hou afdroogdoeke sag deur hulle onder koue water uit te spoel met ‘n knippie Engelse sout by.
_______________________________________________________________________________

Foto
Beskerm foto's in rame sonder glas deur eers die foto met kleefplastiek oor te trek.
______________________________________________________________________________

Geskenkpapier:
In ‘n noodgeval kan jy foelie gebruik om ‘n geskenk in toe te draai en net ‘n mooi lintjie of iets omsit.
Groot hoeveelheid van geskenke kan toegedraai word met bruinpapier met gekleurde raffia vir strikke
Muurpapier wat redelik goedkoop is.
______________________________________________________________________________

Glasbottels
Sit etikette op warm ingelegde bottels eers wanneer goed afgekoel het anders krul dit af.
Trek: Gebruik hegpleister oor die proppe om inhoud binne te hou.
Pak glasbottels tussen sagte items indien jy trek.
Om vinnig leeg te maak: Skud die bottel in ‘n sirkel beweging om leeg te maak.
Indien jy sukkel om ‘n deksel af te skroef – plaas deksel in kookwater en skroef dan af.
Slaan ‘n gaatjie in deksel met ‘n skerp voorwerp sodat lug kan inkom en skroef dan af.
Sterk reuke:
Verwyder reuke uit bottels deur vol te maak met ‘n mengsel van koue water en 4 telepels droë mosterd. Gooi uit na ‘n halwe dag en spoel deeglik uit.
Gooi bleikmiddel in vir ten miste 12 ure vir baie sterk reuke.
Ander gebruike:
Druk gaatjies bo in dekseltjie van bottel en gebruik vir ‘n meel strooier
Vul met water en gebruik om wasgoed nat te sprinkel voor jy stryk.
____________________________________________________________________________
Glase
Om glans terug te bring in kristalglase – gooi ‘n paar druppels ammonia in die was water en spoel af in asyn water.
Indien twee glase binne mekaar vassit kan die onderste glas in warmwater gehou word en die boonste een kan vol koue water gegooi word. Dit sal makliker van mekaar kom sonder om te beskadig.
_________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________

Gloeilampe
Smeer ‘n bietjie parfuum aan jou gloeilamp – sodra aansit versprei die geur met die hitte van die lamp.
______________________________________________________________________________

Grondboontjiebotter
Skeer: As jy per ongeluk jou skeerroom vergeet het op ‘n wegbreeknaweek, kan grondboontjiebotter gebruik word.
Verwyder kougom van hare: Vryf ‘n teelepel grondboontjiebotter in die kougom en dit sal loskom.
Verwyder gom (superglue ens) vanaf meubels: Vryf met grondboontjiebotter oor die gom en dit sal loskom.
Vang muise of rotte: Muise verkies grondboontjiebotter bo kaas.
_________________________________________________________________________________

Gom
Taai gom op glas en plastiek kan verwyder word met paraffien. Dit beskadig nie die oppervlakte nie.
Op glas – nael verwyderaar, kookolie, terpentyn of wit spiritus.
Deksels van gombottels kan met kers binne gesmeer word. Gom klou nie aan kerswas nie.
_____________________________________________________________________________

Haarversorging
Gebruik ‘n plastiekvurk om hare uit jou haarborsel te verwyder.
Skep natuurlike ligstrepe in blonde hare: vul ‘n sproeibottel met twee derde koppie Vodka en een derde koppie suurlemoensap. Sproei aan klam hare, gaan uit en spoel eers die aand af.
Vir hare wat uitval, meng ‘n botteltjie Bergamond-essens van Lennons met shampoo. Was hare soos gewoonlik. Onthou om bottel goed te skud voor gebruik.
Vir uitval hare, meng 1 x 100 ml Bayrum (2 x glasbuisies = R7.50) met 1 x Placenta (+- R3.50 elk) in ‘n spuitbottel. Spuit aan na elke was en los dit aan.
Wanneer jy jou hare laat sny, gebruik ‘n swart sak en sny ‘n gat in net groot genoeg vir die persoon se kop om deur te gaan. Soedoende sal die hare nie aan al die klere vassit nie.
__________________________________________________________________________________

Hakskene
Vir gebarste hakskene, week jou voete vir ‘n hele rukkie in warm water met ‘n handvol growwe sout in. Doen dit net voor jy gaan slaap. Droog liggies af met ‘n handdoek. Smeer ‘n dik laag vaseline oor jou voete. Trek ‘n plastieksakkie bo-oor. Trek ‘n paar sokkies bo-oor die sakkies. Klim in die bed en slaap..
Wend olyf - of kookolie aan skurwe hakskene die aand voor jy hulle skuur.
Meng gelyke dele Glyserine (50 ml) en Scrubbs Amoniak (50 ml) in ‘n botteltjie en skud goed. Smeer elke aand aan nadat voete gewas en geskuur is.
Vir wintershande, voete, gebarste hakskene, en selfs vir ekseem: Meng die volgende goed saam en smeer mildelik aan die aangetaste dele:
2 x 500 gram potjies Aqeuousroom
50 ml Gliserien
1 klein potjie wit Vaseline (reukloos)
100 g Johnson's babapoeier
______________________________________________________________________________

Handdoeke
Handdoeke wat hard uit die was kom - veral in brak water. Was jou handdoeke in warm water met seep en gooi ongeveer ‘n handvol sout by (Los die sout op in die water). Moet nie versagter gebruik nie. Spoel die seep goed uit. Spoel weer maar gooi so 2-3 eetlepels ammoniak of wit asyn in die laaste uitspoelwater.
_______________________________________________________________________________

Handskoene
Om handskoene skoon te hou: Voor nuwe handskoene gebruik word, smeer die binneste goed met kryt. Dit sal help dat die handskoene nie vuil word van die sweet nie.
Indien rubber handskoene sleg ruik van sweet – Was die handskoene binne mooi en gooi ‘n bietjie poeier in die handskoen en trek dan aan.
Stoor die handskoene binnekant buite tot volgende keer gebruik word.
__________________________________________________________________________________

Houtvloere
Om plankvloere blink en glad te maak: Neem 1 waskers en 1 koppie paraffien. Sit dit op kole om die was te smelt. Vryf dit met ‘n flennielap op die vloer, nadat dit eers goed skoongewas en gedroog is

No comments:

Post a Comment

Comment