Raad in & om die huis

Kakkerlakke

* Probeer die volgende vir kakkerlakke: Strooi Engelse sout, salietakkies of laventelolie op rakke om kakkerlakke weg te hou.

* Meng versiersuiker en gips so 50/50. Plaas in houers op die vloer en as alles volgens plan verloop, dan is jy ontslae van die ou oulike gediertetjies.

* Gebruik Baygon Green om hulle aanvanklik bietjie dood te maak. Vir die lang termyn: Meng in gelyke hoeveelhede gipspoeier en versiersuiker. Die sit jy sommer in klein proppies of bakkies orals in jou kaste, by die wasmasjien ens - alle verskuilde gaaitjies neer en los dit daar. Hulle kom eet daaraan en dan versteen hulle magies. Gou-gou sal jy nie meer gepla wees nie.

* Meng mieliemeel en gips en sit water langsaan.

* 'n Mens sal nooit werklik van die verpestings ontslae raak nie. Die groot ding is om die eiertjies te verwyder as jy hulle sien. 'n Wenk wat ek al probeer het en werk is: Mens Boraks en versiersuiker en sit dit se maar in doppies of proppies op strategiese plekke - veral onder die wasbak of kas onder die wasbak - hulle hou van die klammigheid. As hulle op die boraks loop, klou dit aan hulle pote vas en lek hulle agter die soetigheid aan, en blykbaar maak die boraks hulle dood.

* Hulle eet stof, so skaf 'n stofsuier aan en gebruik dit gereeld om die stof agter kaste, onder beddens, binne in kaste en al daardie ander donker hoekies uit te suig. Spuit Chlopirifos (gif) binne en buite die huis en jy sien die gedoentes nie weer nie. Gooi gereeld onverdunde jik in al die wateruitlate, dreine ens. en sit die prop in en laat oornag staan. Die ander goed soos die kakkerlak huisies en al die ander geldmaak foefies werk nie.

* Gooi oral Boraks wat met 'n klein bietjie suiker gemeng is.
____________________________________________________________________________________

Katte

Hou ongewenste katte uit die tuin deur peper te sprinkel op die plekke waar jy hulle spore vind.
________________________________________________________________________________

Miere

* Ek merk dat heelwat lesers kla oor swart miertjies in en om die huis. Ek het die volgende raat gekry en moet erken dat dit werklik werk
Maak die volgende mengsel aan:

100ml water
200ml suiker
50ml Borax (kry by apteek)

Sit bietjies van die mengsel uit waar miertjies voorkom, sodat hulle dit kan nes toe dra. As mens sien hulle staan sulke kringe om die stroop, is dit 'n goeie teken dat hulle dit geniet.

Sorg dat stroop altyd beskikbaar is. Mens sien nie onmiddellik resultate nie, maar na 'n drie tot vier weke begin jy agterkom daar is nie meer miere nie. Hulle dra die stroop nes toe, voer die ander miere en koningin daarmee en die hele nes vrek uit.

Dit is 'n uiters omgewingsvriendelike lokmiddel, geen gevaar vir kinders nie, maar dodelik vir miere.

* vir die klein miertjies in die huis het ek die volgende gekry: Hierdie kryt wat jy by die vlooimark kry. Ek weet dit werk maar dit is net 'n tydelike oplossing tensy jy dit gereeld gebruik.

* VIM strooi of babapoeier maar moenie dit afvee as jy skoonmaak nie.

* Gooi bietjie paraffien in 'n miernes. Hulle sal gou verdwyn.

* Vir hierdie suikermiertjies wat so die kombuis kan oorneem. Strooi net rooipeper op strategiese plekke. Ek weet nie of dit hulle doodmaak nie, maar hulle sal in 'n dag of twee drie verdwyn.
_________________________________________________________________________________

Stank - in yskas
Om stank te verdryf uit 'n vrieskas ens. Was goed met se maar Handy Andy of so iets en Plaas 'n paar Swembad- Chloor-balletjis in 'n oop houer in die kas en maak die deur toe. As dit nie werk nie sal niks werk nie!
Vir reuke in yskas het ek eenkeer gehoor 'n deurgesnyde pynappel werk.
___________________________________________________________________________________

Spuitmiddel - veilig vir die Tuin

Hierdie spuitmiddel sal insekte verjaag sonder om hulle dood te maak en is baie veilig in die tuin.

Neem 20 Liter warm water
Voeg een eetlepel koeksoda by
Voeg twee eetlepels Jeyes Fluid by
Vlok een vyfde van 'n steen blouseep in mengsel in
Roer goed tot al die bestanddele opgelos is
_________________________________________________________________________________

Slakke

Hou slakke van plante weg deur eierdoppe rondom die plante te strooi. Vaseline wat rondom potte gesmeer is, hou ook slakke weg van potplante.
_________________________________________________________________________________

Goggas

Vir enige ongewenste goggas in die koskaste, beddens of waar ookal, spuit met FENDONA, te kry by die gifafdeling in supermarkte. Hierdie spuitstof is besonder mens- en dier-vriendelik - die kaste kan gespuit word en die kastrolle kan dadelik teruggepak word. 'n Matras kan vir goggas gespuit word, (indien effe nat, net laat droog word) dadelik oorgetrek word en die kinders kan dadelik daarop slaap.
__________________________________________________________________________________

Vlekke op matte

Sodawater of wit asyn haal gewoonlik hardnekkig vlekke soos rooiwyn en bloed uit matte uit.
___________________________________________________________________________________

Vlieë

Vir lastige vlieë, gooi gewone asyn wat mens in kos gooi in klein bakkies of deksels en plaas dit op onooglike plekke bv bo-op yskas ens. Die suur reuk jaag die vlieë weg, al nadeel is dat dit vinnig verdamp (na 3 dae) maar bly nog steeds goedkoper as enige gifstowwe.
_____________________________________________________________________________

Vlooie
Strooi Karbadust op die matte en laat dit vir 'n ruk voordat die matte gesuig word. Dit is veilig om ook die troeteldiere daarmee te poeier.
Ons het regtig baie geld spandeer aan middels om die vlooie op die honde dood te kry. Alles op die mark probeer maar sonder sukses. Hierdie eenvoudige raat het egter die probleem opgelos. Was die honde met Sunlightseep in water waarin 2 proppies Dettol opgelos is. Spoel ook af met Dettolwater.
__________________________________________________________________________________

Vismotte en motbolle

Goeie ou raad: Onthou julle die motbolle in die seisoenklere se wegpakplek en die komberse. Vergeet daarvan, want die reuk kry jy buitendien nooit uit. Rasper Sunlight Wasgoedseep (die groen blokke) in die kas/sak waar jy dit bêre - niks meer stanke en hou alle ongediertes daar uit!

So gepraat van Motbolle: Gooi van die goed op jou huis se plafon en geen muis of rot sal dit naby die plafon waag nie. Ons verpes muise en rotte en muise en rotte verpes die reuk van Motbolle.
________________________________________________________________________________

Kunsblomme

Om kunsblomme skoon te maak moet dit in 'n papiersak saam met sout gegooi en baie goed geskud word. Die sout neem al die stof en vuiligheid op en die blomme lyk sommer gou weer vars.
__________________________________________________________________________________













No comments:

Post a Comment

Comment